
Bestandele:
1 k hawermout
1 k suiker
1 k meel
1/2 k botter
1 k klapper
1 eier
1 k ontbytgraanvlokkies (Post Toasties)
1 t vanielje geursel
2 e okkerneute (opsioneel)
1 e grondboontjiebotter
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
knypie sout
Metode:
1. Rol 'n koekroller liggies oor ontbytgraan om hulle effens fyner te breek.
2. Meng met hawermout, klapper en okkerneute.
3. Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en meng met die hawermoutmengsel.
4. Room suiker en botter en voeg eiers by. Voeg geursel en grondboontjiebotter by.
5. Meng nat en droƫ bestanddele met 'n houtlepel.
6. Maak klein bolletjies (omtrent 1 teelepel grootte) en druk plat met vurk op gesmeerde bakplaat.
(Moenie te na aan mekaar plaas nie.)
7. Bak 10 minute in matige oond (180 grade Celcius) tot ligbruin.
Nota:
Hierdie koekies word ook "Post Toastie Koekies" genoem.
In plaas van om teelepelsvol deeg individueel te bewerk soos in resep hieronder aangegee, kan die deeg in 'n plat pan gedruk word om in blokkies te sny sodra dit uit die oond kom. Hou egter die deeg dun, want as die deeg te dik is, is die tekstuur van die koekie nader aan die van hawermout-klapperkoekies, en verloor hulle die heerlike krakerige tekstuur wat eie is aan hierdie koekies.
