
Kors:
140 g (250 ml) koekmeelblom
15 g (30 ml) mielieblom
15 g (30 ml) versiersuiker
knypie sout
125 g botter of margarien
Vulsel:
800 ml melk
2 eiers
100 g (125 ml) suiker
25 g (50 ml) koekmeelblom
25 g (50 ml) mieleblom
knypie sout
15 ml botter of margarien
2 ml vanieljegeursel
gemaalde kaneel
Metode:
Stel oond op 180°C. KORS: Sif koekmeelblom, mielieblom, versiersuiker en sout saam en vryf botter daarin om 'n deeg te vorm. Druk deeg op die boom en teen die wande van 'n tertbord met 'n volume van 1,5 t. Prik goed en bak 7 -8 minute in die middel van die oond totdat dit begin verbruin.
VULSEL: Verhit melk tot kookpunt. Klits eiers goed, voeg suiker by en meng. Voeg koekmeelblom, mielieblom en sout by eiermengsel en meng goed. Klits helfte van die kookmelk in 'n straaltjie by eiermengsel. Gooi mengsel terug in kastrol, verhit oor matige hitte en roer aanhoudend totdat vulsel dik is. Haal van stoof af, voeg botter en vanieljegeursel by en meng goed. Gooi vulsel in kors en strooi kaneel bo-oor. Sit warm of koud voor. Lewer 1 groterige melktert.
