Monday, November 14, 2011

Ontbytkoekies - Ouma Pats Delport (Potchefstroom)


Bestandele:
1 k hawermout
1 k suiker
1 k meel
1/2 k botter
1 k klapper
1 eier
1 k ontbytgraanvlokkies (Post Toasties)
1 t vanielje geursel
2 e okkerneute (opsioneel)
1 e grondboontjiebotter
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
knypie sout

Metode:
1. Rol 'n koekroller liggies oor ontbytgraan om hulle effens fyner te breek.
2. Meng met hawermout, klapper en okkerneute.
3. Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en meng met die hawermoutmengsel.
4. Room suiker en botter en voeg eiers by. Voeg geursel en grondboontjiebotter by.
5. Meng nat en droƫ bestanddele met 'n houtlepel.
6. Maak klein bolletjies (omtrent 1 teelepel grootte) en druk plat met vurk op gesmeerde bakplaat.
(Moenie te na aan mekaar plaas nie.)
7. Bak 10 minute in matige oond (180 grade Celcius) tot ligbruin.

Nota:
Hierdie koekies word ook "Post Toastie Koekies" genoem.
In plaas van om teelepelsvol deeg individueel te bewerk soos in resep hieronder aangegee, kan die deeg in 'n plat pan gedruk word om in blokkies te sny sodra dit uit die oond kom. Hou egter die deeg dun, want as die deeg te dik is, is die tekstuur van die koekie nader aan die van hawermout-klapperkoekies, en verloor hulle die heerlike krakerige tekstuur wat eie is aan hierdie koekies.

Kaaskoekies - Ouma Elize Jacobs

Bestandele:
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
1 ml bakpoeier
625 ml fyn gerasperde cheddar kaas
250 ml margarien by kamertemperatuur
+/- 60 ml fyn appelkooskonfyt

Metode:
Sif meelblom, sout en bakpoeier saam. Voeg kaas by en meng.
Voeg margarien by (moet sag wees) en meng tot deeg.
Rol balletjies tussen handpalms en plaas in klein kolwyntjiepan.
Druk gaatjie met steel van lepel.
Skep mespunt konfyt in.
Bak 15 minute in oond by 200 grade Celsius.